Wees tog maar versigtig vir die troeteldiertjies.
Die Republikein
10.11.2011
Pasop! Noordkus se jakkalse hondsdol
TWEE gevalle van hondsdolheid by The Fisherman’s Inn noord van Hentiesbaai dien as waarskuwing vir alle hengelaars langs die noordkus. Die jakkalse is by die basis van die ontspanningsplek geskiet en monsters van die twee was in elke geval positief.
Rocco Suardi van die Fisherman's Inn het gesê een van die jakkalse het feitlik by die kroeg ingestap gekom. Daar wou die dol dier een van die werkers aanval wat die jakkals verwilder het deur hom met ’n klip te gooi. Die tweede jakkals is kort daarna doodgemaak toe dit ook tekens van die siekte getoon het.
Rocco sê die baie jakkalse langs die noordkus is gewoond aan hengelaars. Dit gebeur dikwels dat hulle in die rigting van die aasemmers snuffel. Hengelaars moet op hul hoede wees, want die einste jakkalse kan hulle in ’n volgende oomblik van dolheid bestorm en byt.