Author Topic: Struisbaai 4 September  (Read 3217 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Stefano

  • Guest
Struisbaai 4 September
« on: September 04, 2010, 11:42:26 AM »
Winter winter en nog winter. En dan nog die wind. Die naweke waai die wind as die mense van die Kaap af hier kom en dan soek die manne vis. Die ou Struisbaaiers weet mos as die Suidoos sterk gewaai het en dan omswaai na Noorwes dan byt die vis op Die Plaat -  steenbras, kabeljou, belman en galjoen. Daar word gereeld mooi visse hier gevang al beteken dit mens moet maar 'n bietjie stap om die regte hengelplek te kry.  Miskien moet daar meer na Agulhas se rotse gekyk word vir lekker vet galjoene of vir Suiderstrand se belmanne.

Arniston se hengelplekke lewer darem ook baie mooi visse op die laaste paar weke en vet galjoene en steenbras word gereeld daar aangekeer. Net so jammer dat daar blykbaar ernstig onwettig met nette daar getrek word. Volgens berigte word tot 100 galjoene op 'n slag so gevang en dan weer verkoop. As die hoogs onwettig praktyk nie vinnig gestop word nie gaan ons binnekort geen vis meer oor he nie en is die bewaringsgebied by De Hoop slegs 'n aanteelplek vir die stropers se nette.

Die bote sukkel ook maar om ordentlike vis te kry. So nou en dan word daar mooi kabeljou gevang maar dis ver van hier en die skippers is maar traag om kennis te deel. Die chukkies vang baie min rooivis en volgens hulle is dit die chokka bote se ligte wat die banke verwoes en die vis wegjaag. Tog word daar darem elke nou en dan 'n mooi kabeljou of 3 gevang, en die romanne en rooi stompe is lekker vet.

A cob of 22kg has just been landed on Struisbaai plaat on a live mullet...stunning fish and in excellent condition.

 

SimplePortal 2.3.7 © 2008-2026, SimplePortal