Author Topic: Hondsdolheid noord van Henties ???  (Read 2651 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AndriesH

  • Dassie Destroyer - In die Kol dol
  • Senior Member
  • **
  • Posts: 481
  • Cred: 69
  • Gender: Male
  • Here lives a cumfy fisherman and his lovely wife.
  • Location: Johannesburg
Hondsdolheid noord van Henties ???
« on: November 11, 2011, 09:07:45 AM »
           Wees tog maar versigtig vir die troeteldiertjies.
   
  Die Republikein
   
  10.11.2011
  Pasop! Noordkus se jakkalse hondsdol
  TWEE gevalle van hondsdolheid by The Fisherman’s Inn noord van   Hentiesbaai dien as waarskuwing vir alle hengelaars langs die noordkus.   Die jakkalse is by die basis van die ontspanningsplek geskiet en   monsters van die twee was in elke geval positief.
  Rocco Suardi van die Fisherman's Inn het gesê een van die jakkalse het   feitlik by die kroeg ingestap gekom. Daar wou die dol dier een van die   werkers aanval wat die jakkals verwilder het deur hom met ’n klip te   gooi. Die tweede jakkals is kort daarna doodgemaak toe dit ook tekens   van die siekte getoon het.
  Rocco sê die baie jakkalse langs die noordkus is gewoond aan hengelaars.   Dit gebeur dikwels dat hulle in die rigting van die aasemmers snuffel.   Hengelaars moet op hul hoede wees, want die einste jakkalse kan hulle in   ’n volgende oomblik van dolheid bestorm en byt.
I'm going fishing, I'm going fishing, I'm going fishing

Offline SAfish

  • Angler of the Month - April 2015
  • Ultimate Champ
  • ****
  • Posts: 4238
  • Cred: 137
  • Gender: Male
  • Location: Knysna, South Africa
Re: Hondsdolheid noord van Henties ???
« Reply #1 on: November 11, 2011, 09:54:57 AM »
Dankie vir die "heads-up" Vriende van my gaan gereeld daar visvang en ek sal hulle waarsku.

 

SimplePortal 2.3.7 © 2008-2026, SimplePortal